ou staatmaker

‘n gehalte peri-peri

Hoe beskryf mens Rooibaard? Dit is soos die gevoel wat jy kry as jy ‘n V8 Cruiser hoor brul, ‘n diepsee katrol wat “ZZZZZZ” hardloop, die reuk in die lug na ‘n 30-06 kolskoot, dit is die pronk van ‘n Springbok. Jy gaan alles saam dié sous eet, tot jou Kerk Basaar beskuit daarin doop. Die sous gaan jou meer hoendervleis gee as die “ewige gebergtes!” gedeelte van die Die Stem. As jy langs die dam jou Mieliebom met die sous meng, sal die Karpe uitspring en op die wal kom eet. Die hitte is net reg, baie meer geur as net n byt. Koop maar twee bottels want een gaan jou nie lank hou nie!

Variante: 250ml + 550ml + 5L

🔥 Koop Hier

groentrui

Suurlemoen & kruie peri-peri

Die Sous, die Kampioen, die Wenner van Wêreldbekers. Word met trots geondersteun en gedra deur Rissie Erasmus, Oxtail Nché, Steven Stroganoff en Pieter Steak du Toit om net n paar te noem. As jy dit ken sal jy verstaan, dit het klas, styl en smaak. Dit het n matige byt, en in 1994 het dit Sean Fitzpatrick se oor laat lekker proe (gaan Google dit). So laat jou Potjiekos en Stampmielies maar soos Bongi skrum, Rooibaard sal aan die regte kant wees. Alle grappies op n stokkie, die sous verdien sy Groentrui, laat hy maar self vir jou proewe speel!

Variante: 250ml + 550ml + 5L

🔥 Koop Hier

vleis verf

soet gerookte braai basting

Het jou vrou al vir jou Thai strir fry gemaak? Nie soos die land in Asie nie maar net Taai? Kou maar en sê dankie dis lekker. Of gooi bietjie Rooibaard op, hy maak alles beter. Die sous is so lekker, jy sal jou vrou met dit laat tan ook. Die ware Basting, Boere “gravy” of Vleis Verf. Want al wat moet droog wees by jou braai is die hout, en droe wors. Droe geselskap en braai vleis is n sonde!

Variante: 550ml + 5L

🔥 Koop Hier

baardjang

Matige Tamatie & Jalapeno Blatjang

Elke braaier ken daai oomblik: jy sit met jou pap en vleis, en jy dink “hier kort iets spesiaals”. Toe daag rooibaard op met sy baardjang – die sous wat jou bord laat glimlag.

Die tamatie-variant is soos daai vriend wat altyd ’n grappie het: ryk tamatiegeur, net genoeg soetigheid, en hy maak pap en vleis skielik die hoofkarakter. Dan’s daar die magtige jalapeno-variant – glad nie ’n bullebak nie, maar ’n lekker matige hitte met ’n kruie-draai wat jou smaakknoppies wakker klap sonder dat jy sweetdruppels afvee.

Of jy nou jou kos verfyn of net jou pap wil “upgrade”, baardjang sorg dat jy altyd ’n storie het om by die vuur te vertel.

Variante: 350ml

🔥 Koop Hier

Kwaadbaard

Gevaarlike Warm Chili Sous & Spesery

As jy Rooibaard® Kwaadbaard geëet het mag jy maar huil, dis OKAY.

Bel die Brandweer! Los die toiletpapier en kry gevriesde wet wipes! Moenie die goed eet nie, dit brand meer as Deepheat op jou klokke. Dit is die kwaad in die lewe wat geterg is in 'n hok met 'n stok, en dan losgelaat word.

Moenie grappies maak en dit op jou vriend se brandewynglas se rand smeer nie, hy gaan huis toe gaan en nie meer saam kuier nie. Smeer dit eerder aan jou Skoonma se wynglas.

Variante: 125ml + 5L + 170g

🔥 Koop Hier